Vloedmite

"Die Sondvloed", die titelprent van Gustave Doré se geïlustreerde uitgawe van die Bybel.

'n Vloedmite is 'n mite waarin 'n groot oorstroming, wat gewoonlik deur 'n godheid gestuur is, die beskawing verwoes, dikwels uit goddelike weerwraak. Parallelle word dikwels getrek tussen die vloedwaters in dié mites en die oerwaters wat in sekere skeppingsmites voorkom, omdat die vloedwaters beskryf word as 'n soort "skoonwas" van die mensdom in voorbereiding van 'n hergeboorte. Die meeste vloedmites bevat 'n kultuurheld, wat teenwoordigend is van "die mens wat smag na die lewe".[1]

Vloedmites kom in baie kulture voor, soos die Mesopotamiese vloedstories, die sondvloed in Genesis, Nūḥ (Noag) in Islam, manvantara-sandhya in Hindoeïsme, die Gun-Yu in Chinese mitologie, Deukalion en Pirra in die Griekse mitologie, Bergelmir in die Noorse mitologie, die aankoms van die eerste inwoners van Ierland, in dele van Polinesië soos Hawaii, en in die inheemse kulture van die Amerikas.

  1. Leeming, David (2004). Flood | The Oxford Companion to World Mythology. Oxford University Press. ISBN 9780195156690. Besoek op 17 September 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search